“Ons leef in die eeu waarin daar verwys word na die sogenaamde Informasie ontploffing. Nog nooit was die geleentheid om te leer en kennis op te doen, so vrylik beskikbaar soos juis nou nie. Die waarde van kennis kan nie in hierdie kort rede met reg aangespreek word nie, maar ongetwyfeld lê die toekoms van enige individu, gemeenskap, kerk en volk in die vermoë om te leer en opgelei te word. Hierdie beginsel en waarheid word duidelik beklemtoon in die woorde van Jesus Christus aan sy dissipels in Matt 28:19b: ‘. . . en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het’. Die suksesvolle verspreiding van die evangelie en derhalwe die uitbreiding van ons Koning se koninkryk op aarde, is direk afhanklik van en verbind tot mense wat bereid is om te leer. LEDE IN CHRISTUS KERK TEOLOGIESE SEMINARIE sluit daarom direk aan by hierdie oproep vir Kinders van God om hulself beter toe te rus. Hierdie geleentheid, wat so gemaklik en sonder komplikasies aan ons elkeen gebied word, behoort aangegryp en benut te word”.
Gedurende die eerste bestaansjare van die kerk was voornemende pastore opgeroep na die Opleidingssentrum (Gebedshuis) vir ‘n onbepaalde tyd, waar hulle dan opgelei was. Die destydse Moderator en stigter van die kerk, Past. C. J. Prinsloo, het met die hulp van die ander pastore; Jaap Steenkamp, Dries Botha, B. M. J. Van Vuuren, die opleiding behartig. Later in die tyd van Past. G. J. Du Toit as Moderator, is die opleiding stelsel verbeter en opleiding was gedoen op ‘n AD HOC basis met homself, Pastore D. P. Du Toit (finansies), J. P. Van Den Berg (Sondagskool) en andere as die opleidingspersoneel. Daar was op daardie stadium reeds ‘n groot behoefte aan die samestelling van ‘n behoorlike pastorale kursus en effektiewe opleiding veral deur Pastore Hannes Kapp en Otto Marx. In 1990 is ‘n opleidingsspan dan ook in die lewe geroep met Past. T. I. M. Jooste as Prinsipaal, J. P. Van Den Berg as sekretaris, D. Steynvaardt, J. J. Marx en G. M. J. Ferreira. ‘n Formele Pastorale Kursus is saamgestel en die eerste groep van elf (11) pastore het dit bygewoon om pastorale opleiding te ontvang in November 1990 in die kerk van Helderberg Gemeente in Pretoria. Hierdie aanbieding was daarvan af op ‘n jaarlikse basis gedoen en daar was ook aandag gegee aan spesiale kursusse soos Interpersoonlike Effektiwiteit (1995), die EE3 Evangelisasie kursus en so meer. ‘n Kursus vir nege en twintig (29) vise-
Dit het die weg gebaan vir die totstandkoming van die Gamaliël Bybelskool wat dan later verander het na Gamaliël Bybelkollege. In 1997 is die deure van die Gamaliël Bybelkollege amptelik geopen as die algemene Opleidingsentrum van die Lede In Christus Kerk deur die Moderator Past. W. R. Frisby. Verskeie van die lektore het hulsel intussen bekwaam en Dr. J. P. Van Den Berg (as Dekaan) en Prof. W. R. Frisby (as Moderator) het baanbrekerswerk, saam met andere gedoen wie deel was en later deel geword het geword het van die opleiding. In hierdie tyd is daar ook samewerking bewerkstellig met die Apostoliese Geloofsending Teologiese Seminarium, Christian Life Training (C. L. T) Kollege, en Trinity Internasionale Bybel Universiteit. Ander dosente soos Pastore J. S. Vosloo, J. J. Marx, M. B. Erasmus, M. Erasmus, Dr. J. J. Deysel en Prof. J. Grobler het ook sedertdien deel geword van die opleidingspan.
In April 2010 word Dr. Marius Erasmus verkies deur die pastoorskorps as Moderator en hy sien opleiding as een van die prioriteite in sy visie vir die kerk vir die toekoms. Dr. J. J. Deysel word verkies tot Direkteur van Opleiding en word die voorsitter van ‘n effektiewe opleidingskomitee (Prof. J. Grobler, Dr. J. P. Van Den Berg, Past. G. M. J. Ferreira, Past. P. J. King, Past. J. S. Vosloo, Past. S. Batohi, Past. M. B. Erasmus, Past. J. J. Marx, Past. R. Cilliers, Past. J. M. Jansen Van Vuuren en Me. A. Deysel).
Dr. T. I. M. Jooste was dan die eerste Prinsipaal van die destydse Gamaliël Bybelskool en is opgevolg deur Dr. J. P. Van den Berg in Feb. 2001 as dekaan van Gamaliël Bybelkollege. In April 2010 volg Dr. J. J. Deysel hom op as die Direkteur van Teologiese Opleiding van die Lede In Christus Kerk (Lede in Christus Kerk Teologiese Seminarie). In Mei 2017, word Dr P.J King aangestel as die nuwe direkteur opleiding, Hy word in 2021 opgevolg deur past Herman Van Deventer
Die pastorale kursus is opgegradeer en kan studente nou vir die volgende kursusse in skryf, Assistent pastoors sertifikaat kursus, diploma pastorale leierskap, diplom Bybelse berading, en die pastoorsvrou in die bediening
Om ‘n invloed in die samelewing te wees,
op alle vlakke van die lewe, ten einde mense in staat te stel, met die Woord van God, om hul God-
Die toerusting van ‘n generasie van mense wie sal lief wees vir die Gees-
Past. A.G Venter (Registrateur)
Sr S Senekal
Past M Du Preez
Past. R Barwise
Past.Past L Schoeman
Past. C. Helberg
Past B Pretorius
Past D De Beer
Past. H. Van Deventer
Past. A. G. Venter.
Dr. P. J. King.
Die Registrateur
Posbus 30177
Wonderboom poort 0033
Cell: 0648908153
Email: registrar@lickts.co.za.
Die Registrateur.
Past. Arnold Venter.
149 Booysens street
Eloffsdal
Pretoria
0084
Cell: 067 408 1181
Email: registrar@lickts.co.za
Laai gerus ons prospektus af vir meer inligting
Laai Adobe reader hier af: http://get.adobe.com/reader/
Registrasie fooi: R500 (Betaalbaar by Registrasie)
Studie fooie: R5 000 (Betaalbaar oor 12 maande)
Registrasie fooi: R500 (Betaalbaar by Registrasie)
Studie fooie: R9 000 (Betaalbaar oor 12 maande)
Studie fooie: R9 500 (Betaalbaar oor 12 maande)
Studente word nou die geleentheid gebied om reg deur die jaar in te skryf vir studies
Aansoek vir Voorgraadse studies sluit 30 September van elke jaar
(Geen laat aansoeke word aanvaar nie)
U KAN AANSOEK VORM HIER AFLAAI: Aansoek Vorm(AFRIKAANS) / Application Form(ENGLISH)
(Right click on link and select “save as”)
Download adobe reader here: http://get.adobe.com/reader/
Besoek asb ons skakel NWU vir inligting hoe om aansoek te doen
E-
All applications for undergraduate and post graduate studies will be done online as of 2019 enrollment closes on the 30th of September Each Year.
See the below example:

Please note that the allocation of a student number does not mean that you have completed the application process. Please go through all the steps below to ensure that your application is complete and that it reaches us. Incomplete applications will not be processed by the University.
When you receive a student number, use that together with the PIN number you created to log in.
Complete all the fields I.E. the qualifications, modes of delivery and curricula.
See the below example:

In order to consider your application, please upload the following supporting documents:
Scan all your supporting documents individually, save to your desk top or on a memory stick.
There is no Proof of payment for an application fee required and no undertaking required (Please ignore those tabs)
See the below example:

To move to the next section, click each time NEXT
Please make sure that you press the Submit application button when you have finished ensuring that we receive your application.
See the below Example:

For any changes to the Theology Application, please contact:
018 299 2153 – Sylvia Selebatso or email 32249683@nwu.ac.za