Lede in Christus Kerk
Teologiese Seminarie

Doelwit Stelling.

Die toerusting van ‘n generasie van mense wie sal lief wees vir die Gees-gedrewe Woord van God, dit sal verkondig, dit sal lewe en die wêreld daarmee sal verander.

“Ons leef in die eeu waarin daar verwys word na die sogenaamde Informasie ontploffing. Nog nooit was die geleentheid om te leer en kennis op te doen, so vrylik beskikbaar soos juis nou nie. Die waarde van kennis kan nie in hierdie kort rede met reg aangespreek word nie, maar ongetwyfeld lê die toekoms van enige individu, gemeenskap, kerk en volk in die vermoë om te leer en opgelei te word. Hierdie beginsel en waarheid word duidelik beklemtoon in die woorde van Jesus Christus aan sy dissipels in Matt 28:19b: ‘. . . en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het’. Die suksesvolle verspreiding van die evangelie en derhalwe die uitbreiding van ons Koning se koninkryk op aarde, is direk afhanklik van en verbind tot mense wat bereid is om te leer. LEDE IN CHRISTUS KERK TEOLOGIESE SEMINARIE sluit daarom direk aan by hierdie oproep vir Kinders van God om hulself beter toe te rus. Hierdie geleentheid, wat so gemaklik en sonder komplikasies aan ons elkeen gebied word, behoort aangegryp en benut te word”.

Agtergrond.

Gedurende die eerste bestaansjare van die kerk was voornemende pastore opgeroep na die Opleidingssentrum (Gebedshuis) vir ‘n onbepaalde tyd, waar hulle dan opgelei was.  Die destydse Moderator en stigter van die kerk, Past. C. J. Prinsloo, het met die hulp van die ander pastore; Jaap Steenkamp, Dries Botha, B. M. J. Van Vuuren, die opleiding behartig. Later in die tyd van Past. G. J. Du Toit as Moderator, is die opleiding stelsel verbeter en opleiding was gedoen op ‘n AD HOC basis met homself, Pastore D. P. Du Toit (finansies), J. P. Van Den Berg (Sondagskool) en andere as die opleidingspersoneel.  Daar was op daardie stadium reeds ‘n groot behoefte aan die samestelling van ‘n behoorlike pastorale kursus en effektiewe opleiding veral deur Pastore Hannes Kapp en Otto Marx. In 1990 is ‘n opleidingsspan dan ook in die lewe geroep met Past. T. I. M. Jooste as Prinsipaal,  J. P. Van Den Berg  as sekretaris, D. Steynvaardt, J. J. Marx en  G. M. J. Ferreira. ‘n Formele Pastorale Kursus is saamgestel en die eerste groep van elf (11) pastore het dit bygewoon om pastorale opleiding te ontvang in November 1990 in die kerk van Helderberg Gemeente in Pretoria. Hierdie aanbieding was daarvan af op ‘n jaarlikse basis gedoen en daar was ook aandag gegee aan spesiale kursusse soos Interpersoonlike Effektiwiteit (1995), die EE3 Evangelisasie kursus en so meer. ‘n Kursus vir nege en twintig (29) vise-pastore en hulle gades was ook aangebied in Des  1994. Jaarlikse kursusse was ook geïmplementeer vir die swart pastore.

 

Dit het die weg gebaan vir die totstandkoming van die Gamaliël Bybelskool wat dan later verander het na Gamaliël Bybelkollege. In 1997 is die deure van die Gamaliël Bybelkollege amptelik geopen as die algemene Opleidingsentrum van die Lede In Christus Kerk deur die Moderator Past. W. R. Frisby. Verskeie van die lektore het hulsel intussen bekwaam en Dr. J. P. Van Den Berg (as Dekaan) en Prof. W. R. Frisby (as Moderator) het baanbrekerswerk, saam met andere gedoen wie deel was en later deel geword het geword het van die opleiding. In hierdie tyd is daar ook samewerking bewerkstellig met die Apostoliese Geloofsending Teologiese Seminarium, Christian Life  Training (C. L. T)  Kollege, en Trinity Internasionale Bybel Universiteit. Ander dosente soos Pastore J. S. Vosloo, J. J. Marx, M. B. Erasmus, M. Erasmus, Dr. J. J. Deysel en Prof. J. Grobler het ook sedertdien deel geword van die opleidingspan.

 

In April 2010 word Dr. Marius Erasmus verkies deur die pastoorskorps as Moderator en hy sien opleiding as een van die prioriteite in sy visie vir die kerk vir die toekoms. Dr. J. J. Deysel word verkies tot Direkteur van Opleiding en word die voorsitter van ‘n effektiewe opleidingskomitee (Prof. J. Grobler, Dr. J. P. Van Den Berg, Past. G. M. J. Ferreira, Past. P. J.  King, Past. J. S. Vosloo, Past. S. Batohi, Past. M. B.  Erasmus, Past. J. J. Marx, Past. R. Cilliers, Past. J. M. Jansen  Van Vuuren en Me. A. Deysel).

 

Dr. T. I. M. Jooste was dan die eerste Prinsipaal van die destydse Gamaliël Bybelskool en is opgevolg deur Dr. J. P. Van den Berg in Feb. 2001 as dekaan van Gamaliël Bybelkollege. In April 2010 volg Dr. J. J. Deysel hom op as die Direkteur van Teologiese Opleiding van die Lede In Christus Kerk (Lede in Christus Kerk Teologiese Seminarie). In Mei 2017, word Dr P.J King aangestel as die nuwe direkteur opleiding, Hy word in 2021 opgevolg deur past Herman Van Deventer

 

Die pastorale kursus is opgegradeer en kan studente nou vir die volgende kursusse in skryf, Assistent pastoors sertifikaat kursus, diploma pastorale leierskap, diplom Bybelse berading, en die pastoorsvrou in die bediening

Visie Stelling.

Om ‘n invloed in die samelewing te wees,

op alle vlakke van die lewe, ten einde mense in staat te stel, met die Woord van God, om hul God-gegewe potensiaal te bereik.

Misie Stelling.

Die toerusting van ‘n generasie van mense wie sal lief wees vir die Gees-gedrewe Woord van God, dit sal verkondig, dit sal lewe en die wêreld daarmee sal verander.

Personeel.

Direkteur van Teologiese Opleiding:   Past H Van deventer
Komitee Lede:

Past. A.G Venter   (Registrateur)

Sr S Senekal

Past M Du Preez

Past.  R Barwise

Past.Past L Schoeman   

Past. C. Helberg   

Past B Pretorius

Past D De Beer

 

Kurrikulum Adviseurs:

Past. H. Van Deventer

Past. A. G. Venter.

Dr. P. J. King.

 

Vir enige navrae kontak gerus:

Die Registrateur

Posbus 30177

Wonderboom poort 0033

Cell: 0648908153

 

Email: registrar@lickts.co.za.

Kontak Besonderhede.

Die Registrateur.

Past.  Arnold Venter.

149 Booysens street

Eloffsdal

Pretoria

0084

Cell:  067 408 1181

Email: registrar@lickts.co.za

Prospektus.

Laai gerus ons prospektus af vir meer inligting

 

Laai Adobe reader hier af: http://get.adobe.com/reader/

Kursus Opsomming.

Laai gerus ons prospektus af vir meer inligting

 

Tariewe.

FOOIE
A. PASTORALE STUDIES
1. Pastoors vrou in die bediening

Registrasie fooi: R500 (Betaalbaar by Registrasie)

Studie fooie: R5 000 (Betaalbaar oor 12 maande)  

 

2. Diploma Bybelse berading

Registrasie fooi: R500 (Betaalbaar by Registrasie)

Studie fooie: R9 000 (Betaalbaar oor 12 maande)

 

3. Sertifikaat in Praktiese Bedieningsbestuur en Leierskap

Studie fooie: R9 500 (Betaalbaar oor 12 maande)

Inskrywings.

A. Inskrywings vir :

 

1. PASTORALE STUDIES EN PASTOORS VROU IN DIE BEDIENING

Studente word nou die geleentheid gebied om reg deur die jaar in te skryf vir studies

 

2. VOORGRAADSE STUDIES

 

Aansoek vir Voorgraadse studies  sluit 30 September van elke jaar

 

(Geen laat aansoeke word aanvaar nie)

 

B. Aansoek vorm:

 

1. PASTORALE STUDIES EN DAMES IN DIE BEDIENING

U KAN AANSOEK VORM HIER AFLAAI:    Aansoek Vorm(AFRIKAANS) / Application Form(ENGLISH)

(Right click on link and select “save as”)

 Download adobe reader here: http://get.adobe.com/reader/

 

2. VIR VOORGRAADSE STUDIES

Besoek asb ons skakel NWU vir inligting hoe om aansoek te doen

 

C. Voltooide aansoek vorm moet ge e-pos word na:

 

E-mail: registrar@lickts.co.za

 

Undergraduate and Graduate studies.

Members in Christ Theological Seminary is part of the unit for open distance learning at the Northwest University.  Students can study for both undergraduate and graduate studies in theology.

All applications for undergraduate and post graduate studies will be done online as of 2019 enrollment closes on the 30th of September Each Year.

How to apply online:
Step 1: Getting a student number (start at step 2 if you already have one)
  1. Please ensure that you have a valid Email Address and Cellphone number. All Online information, including log in details, will be sent to your contact details.
  2. Go to the online application platform (http://studies.nwu.ac.za/studies/how-apply-online )
  3. Click on New application then create new academic application
  4. Click on Create new student number and complete all the fields – e.g. 1234578 pin ABC123 (Please note no special characters like !,@,& $ may be used when creating a pin)
  5. When applying for Distance Learning, please select Potchefstroom as the Campus and Method of Delivery A DISTANCE (PAY)
  6. You select the study centre of your choice. (e.g. Potchefstroom is the Campus but you select Lede in Christus kerk theologuy UODL.) 

See the below example:

Please note that the allocation of a student number does not mean that you have completed the application process. Please go through all the steps below to ensure that your application is complete and that it reaches us. Incomplete applications will not be processed by the University.

 

Step 2: Log in

When you receive a student number, use that together with the PIN number you created to log in.

 

Step 3: What do you want to study?

Complete all the fields I.E. the qualifications, modes of delivery and curricula.

  • Only the first choice is Mandatory
  • The Method of Delivery will always be A Distance (Pay)
  • Please choose the study centre from the drop down list (focus on your LSC)
  • Please select EMAIL as your preferred method of correspondence
  • When capturing your address, please use the search function for the town
  • The cellphone number must be typed in this format eg.078*******

 

See the below example:  

 

 
Step 4: Upload supporting documents

In order to consider your application, please upload the following supporting documents:

Scan all your supporting documents individually, save to your desk top or on a memory stick.

There is no Proof of payment for an application fee required and no undertaking required (Please ignore those tabs)

  • Certified copies of the Available grade 12 marks (or gr 11 if the gr 12 marks are not available yet), or a copy of your matric certificate – if you have already passed matric.
  • Certified Copy of your ID
  • Certified copy of the Marriage certificate (if applicable).
  • Certified copy of Academic record for previous qualifications (if applicable)
  • Certified copy of previous qualifications (If applicable).
  •  
Additional documents for international prospective students:
  • A copy of relevant results
  • A copy of your passport

 

See the below example:  

 

To move to the next section, click each time NEXT  

 

Step 5: Submit application

Please make sure that you press the Submit application button when you have finished ensuring that we receive your application.

  • Before the application is submitted, you can go in by logging in using your student number and pin, then click on modify application.
  • Once the application has been submitted, no changes can be made from the online platform. The required changes must be emailed to Keshni.Scholtz@nwu.ac.za

 

See the below Example:  


 
Contact details for further assistance:

 

For any changes to the Theology Application, please contact:

018 299 2153 – Sylvia Selebatso or email 32249683@nwu.ac.za